
Hoewel die Olifantsrivier vlak by die nedersetting verby vloei, is daar weinige dae water in. Uit my kinderdae onthou ek dit as 'n droë loop, wel die meeste van die tyd. Want daar was tye in die geskiedenis wat dit 'n siedende, bruisende rivier was wat alles uit die pad geveeg het of sommer net saam gevat het see toe! Van die vroegs-aangetekende vloede in die geweste was dit elke keer die Olifantsrivier wat die inwoners se verbeelding aaangegryp het. In 1885 spoel die nuutgeboude Victoria brug weg, in 1891 word daar beskryf hoe die volstruise en beeste in die rivier afgedryf kom. In 1976 het ek dit self ervaar en gewonder waar al die water vandaan kom en in 1981 het dit ook groot skades vir die boere beteken.
As die son jou op Volmoed se vlaktes alleen kry, brand hy jou dood, het die oumense altyd gesê. Op 'n regte somersdag met die kwik wat in die veertigs loop draai, is dit alles stil rondom jou, selfs die ywerige sonbesies het die stryd gewonne gegee. Dis net jy en die voetpad en die son. Slegs die gehardstes onder die gehardes kan 'n leeftyd daar uithou. Maar as die reën die jaar kom, word die vlaktes omskep in 'n lushof. Daar is 'n glimlag op elke boe

Die mense van Volmoed is baie spesiale mense, mens-mense, mense wat gewoond is aan swaarkry maar nog steeds net hulle beste vir jou sal gee. Die du Toit's wat die winkel en perolpompe besit het, Lampie Olivier van Driehoek wat die skoolbus bestuur het, Loel Olivier en sy gesin wat so lekker gesing het in die kerk en op skool funksies, oom Hendrik Zeelie die skoolo

Dis 'n ver pad sedert die nedersetting reeds in 1770 hul eerste wit boere gehuisves het. Die plek het eers Armoed geheet, so vernoem na 'n Bruinman wat daar gewoon het en wat seker 'n besonderse indruk moes gemaak het op die bevolking van daardie tyd. Sedert 1908 het die eienaar van die plaas Armoed, W.G. Olivier, 'n aanbod aan die kerk gemaak om 5 morg van sy grond asook 'n kerkgebou van 7oo sitplekke te skenk. Hy sou die kerkgebou op sy eie koste laat oprig volgens die plan wat die kerkraad sou goedkeur en hy het die wens uitgespreek dat daar 'n dorp op sy grond gestig moet word. Die kerkraad van Oudtshoorn wou nie hieraan byt nie en vir eers is die aanbod van die hand gewys. Maar in 1910, se


Die foto's van Volmoed se omgewing is geneem deur Eugene P Claassen
ReplyDelete